Ons lewe in n vinnige wereld waar alles super vinnig gebeur. Hoe vinniger hoe beter! Wanneer ons by n restaurant is kry ons vinnig ons kos, gaan betaal ons rekeninge Dan verwag ons vinnige diens, tv moet vinnig kan aansit, ketel moet vinnig water kook vir koffie….
Wanneer ons op die internet werk moet ons vinnige spoed kry, ons moet vinnig iets kan download, vinnig ons epos lees, daar moet tog net nie iets gebeur laat ons nie selfoon syn het nie, wanneer ons antwoord soek moet ons dit vinnig Google. Vinnig impress ons. Vinnig impress ons baie.
Behalwe dat daar n overload van info elke dag na ons kant toe kom, gebeur dit ook vinnig. TV advertensies is 30 sekondes lank.
Nou wanneer dit by ons doel vir ons lewens en groot besluite kom kry ons nie vinnig ons antwoorde nie. Wanneer ons bid, hoor o.s nie die stem van die Here.
Ons wil he die Here moet ons net vinnig antwoord. Ons gee nie eintlik eers om wie God is en hoe lief Hy ons het nie. Ons soek net Sy antwoord en leiding.
Wanneer ons van die Here wil hoor moet ons nie vinnige antwoord soek nie, ons moet wag dat die Here voor stap en ons lei