
Woorde was altyd gebruik om onsself te express. Om vir mense te vertel wat ons ervaar, om iets te beskryf, om gemakliker te kommunikeer. Niks as almal met ons hande moes beduie want ons het nie monde gehad om met mense te gesels nie. Daarom dink ek die tongue is ‘n gift wat ons het om te kommunikeer. Nou kommunikasie is ‘n topic op sy eie maar vandag wil ek ‘n paar oomblike spandeer om te gesels oor ons woorde.
Ons gebruik woorde om met onsself, mense en met God te gesels. Wat is die tippe woorde wat ons gebruik as ons met onsself gesels? Dink by jouself!
Wat is die woorde, sinne en gedagtes wat jy oor jouself het. Die gedagtes wat jy vir jouself se as niemand kyk of vir jou luister nie. Is dit opbouende woorde of woorde wat jou selfbeeld afkraak. Nou ons bewys liefde aan onsself deur opbouende woorde vir onsself te se. Hoe kan ons ander lief he as ons nie eers onsself kan lief he nie? Hoe kan ons goed praat van ander as ons nie mooi woorde in onsself het nie.
Die woorde wat jy vandag oor jou lewe spreuk is die persoon wat jy oor 5 jaar gaan wees. Spreuke 18:21 “Dood en lewe le in die mag van die tong en elkeen wat dit gebruik sal die vrugte daarvan pluk.” Kies elke dag om lewe oor jou lewe te preuk.
Watter woorde se jy vir ander mense. Woorde het krag en woorde vorm ‘n droom en dan uiteindelik ‘n wereld. Woorde vorm die wereld van die mense rondom jou. Ons hoef nie te wag dat iemand sterf voordat ons vir hulle mooi woorde se nie. Kom ons praat goed van mense terwyl hulle nie kyk nie maar better as dit. Kom ons gee vir mekaar komplimente. Kom ons encourage mekaar om ‘n mooi en goeie lewe te leef.
As jy met God praat, sommige mense noem dit BID watter woorde gebruik jy? Hoogdrawende woorde wat niemand verstaan nie. Gebruik jy woorde wat jy nie normaalweg sou gebruik het nie maar net omdat jy probeer Heilig wees gebruik jy ander woorde? Dit is nie nodig nie. God wil he jy moet REAL wees. Reality TV is nie real nie. REAL is REAL life waar mense nie betaal word om iets te doen nie. God wil praat met ons op verskillende maniere! Deur gedagtes, Sy Woord, situasies, vriende en mense, die natuur, boeke, TV, ens. Die Here is besig om te praat maar ons luister nie. Die Here het klaar gepraat maar ons gee nie om nie!!!
Hoop ons kan besef dat ons woorde belangrik is…